Van den Berg Family History

Jacob Wouter du Preez

Jacob Wouter du Preez

Male 1866 - 1955  (88 years)

Personal Information    |    Media    |    Notes    |    All    |    PDF

  • Name Jacob Wouter du Preez 
    Born 24 Dec 1866  "Kweekkraal", Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Died 13 Jun 1955  Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location 
    Buried Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location 
    Person ID I493  Van den Berg Genealogy
    Last Modified 5 Sep 2018 

    Father Jan Gysbert du Preez,   b. 26 Nov 1842, Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location,   d. 13 Dec 1900, "Kweekkraal", Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location  (Age 58 years) 
    Mother Hester Agnes van Wyk 
    Married 20 Mar 1866  Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location 
    Family ID F202  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Tobiata Georgina la Grange,   b. 6 Nov 1891,   d. 6 Jul 1987, Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location  (Age 95 years) 
    Married 17 Aug 1915 
    Children 
     1. Jan Gysbert du Preez,   b. 27 Oct 1917, Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location  (Age 106 years)
     2. Tobias George du Preez,   b. 4 Mar 1921, Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location  (Age 103 years)
     3. Jacob Wouter du Preez,   b. 5 Sep 1928, Riversdale, Cape Find all individuals with events at this location,   d. 24 Mar 2009, Mosselbay, Cape Find all individuals with events at this location  (Age 80 years)
    Last Modified 17 Jul 2018 
    Family ID F73  Group Sheet  |  Family Chart

  • Photos


  • Notes 
    • Jacob Wouter was een van die boere wat suipingsregte gehad het op Jongensfontein. Barbara de Jager skryf in haar boek "Jongensfontein van suiping tot sauna" soos volg:

      Ook twee suipinghuise van seeklip het genadiglik die ontwikkeling oor1eef: die Rondawel en die Wit Huisie, wat albei oos van die fontein in die woonwapark staan en sedert 3 Junie 1970 Raadsbesit is.
      Die Fonteinhuis, 'n naam wat slegs by ou Jongensfonteiners bekend is, is die Wit Huisie gedoop sedert dit, ongelukkig, afgewit is.

      Die Rondawel, die oudste oorspronklike gebou by Jongensfontein, is volgens vertellers in 1932 vir oom Giepie Joubert gebou.
      Sy seun Tobie stel die boudatum op 1928, rnaar foto's uit die vroee dertigerjare toon nog oom Giepie se riet-en-klei-huisie. Dit is wel so dat die riethuisie 'n aantal jare langs die Rondawel bly staan het.

      Gideon Johannes Joubert (21.8.1880-19.6.1952), boer van Soetmelksrivier, het sy Duine grond (hierdie streek staan as die Duine bekend) in 1928 gekoop.
      As eienaar van 'n onderverdeling van die oorspronklike leenplaas Zwarte Jongersfontein het hy suipingsreg by Jongensfontein verkry, 'n reg op grond waarvan hy die Rondawel laat bou het.
      Oom Giepie se Duine grond en die Rondawel is deur sy broer Frikkie gekoop. Na horn, en ook tydens die onteiening, was die broers Wessel en Pieter Oosthuizen die eienaars. Na 'n maratonbriefwisseling oor die kornpensasie vir die Rondawel, is die Raad se vergoeding van R160 teruggestuur.

      Jan Oosthuizen en sy swaer, Danie Cronje (Dail Hasie), het die Rondawel gebou, met Wessel Oosthuizen (S. seun) as handlanger. Seeklip vir die ronding is op die skouers aangedra, en die rietdak het 'n mussie van sement, of moontlik klei uit die kleigat daar naby wat bouklei verskaf het.
      Langs die rondawel was vroeer 'n kookhuisie met 'n kaggel - 'n dwergseekliphuisie met riet en later sinkdak.

      Die kliphuis (Fonteinhuis) langs die Rondawel is volgens die Du Preez broers in 1940 gebou vir hulle ouers, Jacob Wouter du Preez en Tobietta Georgina la Grange. Wouter du Preez het sy 274 morge Duine grond in 1936 van Jacobus Lodewicus Muller gekoop en op grond van sy suipingsreg laat bou.
      In 1952 het Frank Smalberger by Wouter gekoop en die fonteinhuis het syne geword tot die broers Fanie en Carel Oosthuizen die Smalberger grond op die seerant bokant Heuningnesbaai gekoop het en dus eienaars van die Fonteinhuis was met die onteiening.

      Jan Oosthuizen het die Fonteinhuis gebou met seeklip wat op die skouers uit die baaiplek gedra is. Die huis, oorspronklik met riet- en later asbesdak, het bestaan uit 'n kombuis, 'n eetplek met 'n kaggel, een binneslaapkamer en 'n toegemaakte stoep met houtklappe, wat net tydens reen toegemaak is, waar die seuns geslaap het.

      Volgens 'n verteller was agter die Fonteinhuis 'n bakoond waar die vakansievrouens vanmelewe kon gaan brood bak.

      Die Rondawel en die Fonteinhuis is vir Jongensfontein van groot kultuurhistoriese belang, en sedert die tagtigerjare was restourasie periodiek op agendas van beherende owerhede. Daar is onder meer aanbeveel dat die Wit Huisie (Fonteinhuis) as biblioteek/ vergadersaal/ bergingsplek van stukke eie aan Jongensfontein gebruik word.

      Meer as tien jaar lank wag die Erfeienaarsvereniging en ander bewaringsbewuste Jongensfonteiners vir die beskikbaarstelling van die Fonteinhuis as bewaarplek. Hierdie wens is weer by die Erfeienaarsvereniging se jaarvergadering einde 1995 bespreek, en die Vereniging het 'n versoek in die verband aan die Stilbaai Oorgangsraad gestuur.
      Hierdie Raad het in Julie 1996 by die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede aansoek gedoen dat die twee geboue tot nasionale gedenkwaardighede verk1aar word. Maar reaksie bly uit.
      Kultuurhistories bied hierdie twee geboue haas onuitputlike rykdom. As skakels vertel hulle die verhaal van grondbesit van 1762 af, toe die grond waarop hulle staan nog deel van die leenplaas Zwarte Jongensfontein was.
      Sedert 1916 was hulle staanplek serwituutgrond, deel van 'n veesuiping. Vanaf die onteiening in 1966/67 was hulle deel van 'n tien jaar lange suipingstryd, waaruit slegs hulle twee as konkrete getuies oorgebly het. Hulle drie strydmakkers wes van die fontein se plekke ken hulle nie meer nie.

      Hierdie geboue se oorspronklike eienaars is onlosmaaklik verbind met Jongensfontein se geskiedenis. Voorsate van Wouter du Preez was sedert 1895 verskeie kere benutters van die leenplaas Zwarte Jongensfontein, en hy en Tobietta, sy vrou, (algemeen bekend as tant To'hetta) was baie prominent in die geskiedenis van Jongensfontein en die distrik.

      Giepie Joubert was op sy beurt dikwels voorspraak vir die Duine, veral wat padbou betref. Die Rondawel het, deur sy oorspronklike eienaar, 'n kultuurhIstonese skakel met die Hugenote-Gedenkskool op Daljosafat: Giepie Joubert was omstreeks 1898 'n 1eerling van die skool saam met onder andere AG Visser.

      Die twee geboue verteenwoordig die seeklipfase in die geskiedenis van huisbou by Jongensfontein, en hulle staan op die grond van twee riet-en-klei-huisies uit die eerste boufase. Wat boustyl betref, verteenwoordig die Rondawel die seekliprondawels met rietdak, waarvan verskeie in die strand gebou is.
      Geboue soos die Fonteinhuis, 'n vierkantige hoofdeel en stoepvertrekke met houtklappe, was algemeen in daardie jare.