| Notes |
- Waterverf portretjies van Johannes Hendricus Crous (ook bekend as "Groot Jan") en sy vrou Johanna Dorothea Gildenhuyzen wat in 1822-1823 deur 'n Mnr. Keet geskilder is, word in die argief van die Drostdy Museum, Swellendam bewaar.
Miemie Rothmann het dit later gekopieer en die portrette word in die museum uitgestal.
Johannes Crous dien as diaken in die N.G. Gemeente in 1802. In 1813 het ene Johannes Hendrik Crous aan die kerk gewerk.
Johannes Hendricus het in 1799 die Engelse regering aan die Kaap gehelp om die tweede opstand onder die burgers van Swellendam te onderdruk.
Volgens Tomlinson (1943 : 84-85) het 40 boere op sy plaas Kliprivier aangedoen onderweg na Swellendam.
Ewe vriendelik het Crous kos voorgesit en liberaal met die wyn uit sy kelder te werk gegaan.
Nadat die manne gaan rus het, het hy al 40 gewere buite aksie gestel en vir Landdros Faure op Swellendam in kennis gestel van die teenwoordigheid van die opstandelinge op sy plaas.
Dit was die einde van die opstand.
Hy het later 'n groot jagvriend van Lord Charles Somerset geword en vir sy dienste die leningsplaas Somersetsgift as geskenk van die goewerneur ontvang.
(Tomlinson : 1943 : 85).
Information compiled by A de Witt.
|